Εμφάνιση αναρτήσεων με ετικέτα Heiliges. Εμφάνιση όλων των αναρτήσεων
Εμφάνιση αναρτήσεων με ετικέτα Heiliges. Εμφάνιση όλων των αναρτήσεων

Σάββατο 22 Ιουλίου 2017

Die Heilige Gregorius Palamas († 1360)


Bedehuis Bethanië - AFRIKAANS ORTODOKS 
Coming Home Orthodoxy 
 
Die gedagtenis vandag van Sint Gregorius Palamas op die Tweede Sondag van die Groot Vastyd is deel van ‘n regstreekse voortsetting van die Sege van die Ortodoksie wat ons verlede week gevier het. Want deur die erkenning van die rol wat Sint Gregorius Palamas in die oorwinning van die ketterye van die veertiende eeu gespeel het, vier ons ‘n hernieude sege van die Ortodoksie oor ‘n groot bedreiding vir die geloof.
Sint Gregorius is in 1296 gebore. Na ‘n aanvanklik sekulêre opvoeding het hy die monnike-lewe op die Berg Athos, wat destyds ‘n florerende sentrum van die Ortodokse kloosterwese was, betree. Hoewel hy bekend is vir sy bydrae tot die teologie van die hesigasme, of stille gebed, was sy bydrae tot die Kerk veel wyer as dit, en het hy die integrasie van die privaatgebed van die monnik met die openbare aanbidding van die Kerk beklemtoon.
Na ongeveer twintig jaar as monnik het Sint Gregorius betrokke geraak by die verdediging van die tradisionele geloof van die Kerk teen ‘n sekere Barlaam wat deur die denke van die westerse Renaissance beïnvloed is. Barlaam het beweer dat ons God nie kan ken nie en dit het ‘n sterk reaksie by Sint Gregorius ontlok, wat aangevoer het dat hoewel God onkenbaar is, Hy Hom wel openbaar en dat Christus, deur die vleeswording, ons ‘n bonatuurlike kennis geskenk het. Bowendien het Sint Gregorius se verdediging van die hesigasme, wat kort daarna wyd deur die hele Kerk aanvaar is, ‘n teologiese fondament voorsien wat die teologiese gronde van die monnike-lewe duideliker gemaak het en dit by die liturgiese lewe van die Kerk geïntegreer het.
In 1347 is Sint Gregorius as aartsbiskop van Thessalonika gewy en was hy bekend vir sy goot pastorale toewyding, en sy preke uit hierdie tyd is merkwaardig wat betref die pastorale eenvoud daarvan en die fokus wat hulle geplaas het op die sentraliteit van Christus.

Vir hulle wat in die duister van die sonde woon, het U in hierdie tyd van onthouding lig gebring, o Christus.. Toon ons daarom die glorieryke dag van u Lyding sodat ons tot U mag roep: Staan op, o God, en ontferm U oor ons.
Uit die Mette vir Gregorius Palama

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 11 Maart 2012.

Sien ook 

Σάββατο 13 Φεβρουαρίου 2016

Teose - "Hy (Jesus) het ’n mens geword sodat ons god kan word"


Jesus Christus, engele en heiliges (Ortodokse ikoon, van hier af)
 
af.wikipedia (saam met my eie ingrypings)

In die Oosters-Ortodokse geloof is teose, of vergoddeliking, basies die doel van ’n mens se lewe: die mistieke eenwording van die mens en God. Dit word meegebring deur die reiniging van ’n mens se gedagtes en liggaam en deur oorpeinsing.[1][2][3]
Sint Athanasius van Alexandrië het van die vleeswording geskryf: "Hy (Jesus) het ’n mens geword sodat ons god kan word."[4] Die Kerk glo die mens het op ’n tydstip aan die begin van sy bestaan voor ’n keuse te staan gekom: om die verskil tussen goed en kwaad te leer deur waarneming of deur deelname.
Die Bybelse storie van Adam en Eva verteenwoordig hierdie keuse deur die mens om aan die bose deel te neem. Die sondeval verteenwoordig ’n fundamentele verandering in die menslike natuur. Wanneer Ortodokse Christene verwys na die Oorspronklike Sonde, verwys hulle na hierdie vermoë om die bose in die menslike natuur op te neem.
Weens dié sonde was die mens gedoem om van God geskei te wees. Die oplossing vir die probleem was vir God om nog ’n verandering in die menslike natuur teweeg te bring. Hy is gebore en het gelewe, gesterf en weer opgestaan deur die mag van die Heilige Gees. Deur God se deelname aan die mensdom is die menslike natuur weer verander en is die mens van die verdoemenis gered. Dit sluit almal in van die vroegste tye af – tot by Adam en Eva. Die eindelike doel van hierdie verlossing is teose.
Daarom is die doel van Ortodokse Christene van hul doop om deur hul hele lewe nader aan God te groei en so teose te bereik.

Heilige Katharina van Alexandrië, die Grote martelaar
 
Verwysings
 
  • Deification As The Purpose Of Man's Life deur Archimandrite George Abbott of the Holy Monastery of St. Gregorios on Mount Athos [1]
  • "Deification in Eastern Orthodox theology" ISBN 978-0-85364-956-4
  • Athanasius of Alexandria, On the Incarnation of the Word, §54.

  •  Die Griekse heiliges van die 20ste eeu Porphyrius en Paisius
     
    Sien ook

    Oosters-Ortodokse Kerk - Organisasie en leierskap, Geloof, Die Heilige Tradisie en die Bybel 
    Oosters-Ortodokse Kerk - Tradisies, Dienste, Die Heilige Geheimenisse (Sakramente), Sinodes
    Afrikaans Ortodoks - Kerk van die Heilige Maria die Egiptenaar 
    Afrikaans Ortodoks

    "Partakers of Divine Nature" - About Deification & Uncreated Light in Orthodox Church 



    The holy anarchists... in the Egyptian Desert

    Natives Africans bishops in the Orthodox Church