“Vandag word Christus in die stad Bethlehem gebore, die hemele is bly en die hele skepping verheug hom!”
My liewe broers en susters, my kinders,
Vandag is dit die Fees van die Geboorte van Christus! Die hemelse en engele-gesange word weer gehoor. “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae.” Kerkklokke weerklink weereens oor die ganse planeet en kondig aan:
” ‘n Redder is vandag vir ons gebore.”
Ons vier almal, elkeen op sy eie manier, God se groot selfvernedering vir die verlossing van die mensdom. Sy liefde sal ons weereens in die praktyk leer wat die boodskappe daarvan is. ‘n God van liefde en ‘n God van nederigheid.
“Hy wat niks kan omvat nie” word vlees, om krag en moed te gee aan die swak en teleurgestelde mensdom. Die ewige Here word gebore om die wêreld uit sy doodloopstraat te neem. ‘n Wêreld wat tot dusver skynbaar nóg die Engele-lied nóg die boodskap van “vrede vanuit die hemele” gehoor het. Ons word daagliks met oorloë, wêreldwye en burgerlike konflik, burgeroorlog, terrorisme, vlugtelinge, ontworteling gekonfronteer.
Foto van hier af
God reageer op ons: Hy word in nederigheid gebore, in die krip van ‘n dier. Hy word warm gehou deur die asem van die diere. Hy word in ‘n grot gebore. Dit is waarom niemand Hom herken het nie, niemand Hom verstaan het nie, want niemand wie se oë “na die aarde” gewend was, kon Hom vind nie. Net die herders “wat in die oop veld gebly het”,(Lk. 2:8) onskuldige en nederige siele, het besoek ontvang van die engele en is waardig geag om die eerste te wees om Hóm in ‘n krip te sien lê “wat alle dinge dra” (Hebr. 1:3)
Almal was Hom te wagte! Eeuelank het die Hemel Sy koms beplan. Eeuelank het die bandelose, sondige en patetiese mensegeslag geworstel tussen twyfel en onkunde, hulpeloosheid en ‘n doodloopstraat.
Duisende jare gelede het die Profete vooruitgesien en dit geprofeteer wat ons vandag vier. Filosowe en digters van treurspele het sy koms verkondig.
En die Hemel het geantwoord! En die Seun en Woord van God het gekom, “gebore onder die wet, om die wat onder die wet was los te koop”. (Gal. 4:4-5) Emmanuel is gebore, sodat die mensdom met sy eie oë kon sien Wie God is, Hom aanraak, Hom bespot, Hom ontken, Hom verraai, Hom doodmaak en Hóm aanbid wat op die derde dag opgestaan het.
Foto van hier af:
My broers en susters, my geseënde kinders, laat ons ons noëties verplaas na die dele van die Midde-Ooste vol beroeringe, na die buitewyke van Judea, om te kyk na waar, maar veral waarom, Jesus gebore is. Laat ons die grot binnegaan, voor Hom kniel en vir Hom sê: “Christus, die mensdom het nie die deugde van vrede geniet soos wat dit wou nie. Dit lewe in oorloë, wat alle vreugde en vrede dood. Dit lewe in nood en die vrees van ‘n onsekere toekoms. Die wêreld laat ‘n mens dink aan ‘n yslike slagveld, waar elkeen teen sy broers gekant is. Ten spyte van al die samesprekings en vredesbewegings, het dit vir twintig of meer eeue ‘n ‘ontwykende duif’ gebly, ‘n onsekere droom.”
Laat ons dit te bowe kom! Laat ons die hartstogte tersyde stel wat ons aanhits tot dade van geweld! Laat ons arms van liefde uitstrek en elke mens omhels. Dan sal ons die Geboorte voortdurend ervaar.
Nog baie geseënde jare!
THEODOROS ll
Pous en Patriarg van Alexandrië en die Hele Afrika
In die Groot Stad Alexandrië
Die Fees van die Geboorte van Christus 2017
IN ENGLISH HERE
Orthodox Christmas 2017 in Africa!
"Kom, julle wat na betekenis soek in die lewe. Kom julle wat honger en dors na die geregtigheid!"
Oosters-Ortodokse Kerk
Ortodokse geestelike erfenis
Ortodokse Christene in Afrika
The Orthodox Church in the Republic of South Africa
Ortodokse geestelike erfenis
Ortodokse Christene in Afrika
The Orthodox Church in the Republic of South Africa
Orthodox South Africa (tag)
‘n Dienaar en slaaf vir almal
Geestelike skatte van die Groot Vastyd in die Ortodokse Kerκ
The Orthodox Holy Week & Holy Easter (Pascha)
Khanya e isoe ho Molimo holimo
Δεν υπάρχουν σχόλια:
Δημοσίευση σχολίου