Welkom
by die tuisblad van die eerste Ortodokse Gemeenskap in Suid-Afrika wat
tot stand gekom het met die spesifieke doel om ‘n geestelike en
kulturele tuiste te help skep vir veral Afrikaanssprekendes wat
belangstel in die Ortodoks-Christelike geloof. Die Ortodokse Kerk het ‘n
historiese kontinuïteit wat direk na die vroegste Christelike gemeentes
terugstrek en ‘n leer wat getrou aan die Skrif, die Apostels, die
Kerkvaders en die sewe Ekumeniese Konsilies van die historiese Kerk
gebly het. Ons is ‘n gemeente van die Ortodokse Aartsbisdom Goeie Hoop
en ons biskop is Aartsbiskop Sergios van Kaapstad. Die Aartsbisdom Goeie
Hoop is deel van die Ortodokse Patriargaat Alexandrië en die hele
Afrika. Ons priester is Vr. Zacharias van Wyk. Ons vier tans op gereelde
grondslag die Vesperdiens (die amptelike Aandgebed van die Kerk) en die
Liturgie (die Nagmaaldiens) in ons kapel op Robertson, wat gewy is aan
die Heilige Maria die Egiptenaar, een van die merkwaardigste vroue van
die vroeë Kerk. Iedereen is welkom om in Afrikaans saam met ons te kom
aanbid. Padaanduidings vir besoekers verskyn onder die “Kontak”-hofie.
Die woord “ortodoks” beteken, terloops, “juiste aanbidding”. Mag u deur
hierdie bladsye iets van die onbeperkte skat van die vroeë Kerk ontdek,
die Kerk wat, hoewel dit al twee duisend jaar oud is, nog altyd die
wonderskone bruid van Christus gebly het en wat nooit oud of oudmodies
raak nie. Wat ‘n voorreg dat ons nou ook in Afrikaans deel kan hê aan
hierdie Kerk van Christus wat wortel in die leer van Christus soos wat
ons dit oor die eeue heen van die Apostels ontvang het.
Leesstof
Die Bybel in die Ortodokse Kerk deur vr.Diaken Stephen Hayes. Die Afrikaanse vertaling deur Vr. Zacharias.
Die Bybel in die Ortodokse Kerk deur vr.Diaken Stephen Hayes. Die Afrikaanse vertaling deur Vr. Zacharias.
Christus onder julle ‘n Uitstekende inleiding tot die Ortodokse geloofsleer vir Westerlinge deur vr. Sergius Heitz, in Afrikaans vertaal.
As ons ons sondes bely ‘n Uistekende boekie ter voorbereiding van die Misterie van die belydenis van sondes deur Vr. Thomas Hopko.
Maria in die Ortodoksie 2008 deur metropoliet Kallistos Ware.
Die Ortodoksie deur vr. John Meyendorf.
Maria die Egiptenaar Die verhaal van hierdie groot Egiptiese Heilige soos aangeteken deur Patriarg Sofronius van Jerusalem.
Δεν υπάρχουν σχόλια:
Δημοσίευση σχολίου